President Cyril Ramaphosa het Dinsdagaand 22 Maart tydens sy “family meeting” landsburgers ingelig oor die Suid-Afrikaanse regering se hantering van die Covid-19-pandemie.
Dié toespraak was nadat die president, met die presidensiële koördineringsraad, wat uit premiers, ministers, tradisionele leiers en burgemeesters bestaan, vergader het.
“Die pandemie het die manier verander hoe ons die lewe aanpak met meer as twee miljoen mense wat hul werk weens die pandemie verloor het,” het Ramaphosa gesê.
Só raak die jongste veranderinge aan die regulasies ons:. Vlak van inperking: SA bly op ’n aangepaste vlak 1 van die inperkingsmaatreëls tot 15 April 2022. . Suid-Afrikaners word aangemoedig om hul insette te lewer oor die voorgestelde Covid-19-gesondheidsreëls, wat ná die skrap van die ramptoestand ingestel sal word.. Gesigmaskers: Die dra van ’n masker in die buitelug word opgehef, mits die perseel genoeg ventilasie het en of jy oefeninge of ’n buitemuurse byeenkoms hou of bywoon. Dit is wel noodsaaklik om maskers by binnenshuise byeenkomste/saamtrekke te dra. . Sportstadions en ander vermaaklikheidspersele: Dit word tot 50% van ’n perseel se toelaatbare kapasiteit beperk, met geen beperking op die aantal mense nie, mits jy ingeënt is. Mense moet egter ’n verpligte 1 meter van mekaar af wees, terwyl die dra van ’n masker vir binnenshuise byeenkomste verpligtend sal wees, sowel as die bewys van ’n inentingsertifikaat. . Aandklokreël: Die aandklokreël bly geskrap. . Drank: Drankwinkels mag steeds gedurende hul gelisensieerde sake-ure handel dryf.. Byeenkomste: Alle sosiale, politieke, kulturele en gelowige byeenkomste word tot 50% van die toelaatbare kapasiteit van ’n perseel beperk. Dit sluit sportstadions in. Jy moet egter ingeënt wees of ’n negatiewe PCR-toets nie ouer as 72 uur nie toon. Andersins word dit beperk tot 1 000 mense binnenshuis en 2 000 mense buitemuurs vir byeenkomste waar inentings nie ’n vereiste is nie.. Nasionale ramptoestand: Die nasionale ramptoestand is tot 15 April verleng. Die nasionale ramptoestand sal na verwagting op dié dag verval, wanneer sommige regulasies in wetgewing ingestel sal word.. Begrafnisse: Nie meer as 200 mense mag ’n begrafnis of verassingsdiens bywoon nie. Geen bymekaarkom ná begrafnisse of nagwake word toegelaat nie.. Inentings: Bykans 30% van volwassenes in Suid-Afrika is al ten volle teen die virussiekte ingeënt. Dit kom op 17,7 miljoen mense neer. Suid-Afrika het al meer as 33 miljoen entstofdosisse toegedien.. Besoekers aan SA: Diegene wat Suid-Afrika van oorsee besoek, hoef nie ingeënt te wees nie. Hulle sal wel ’n negatiewe antigeen-toets vir Covid-19 of PCR-toets by grensposte moet toon om die land binne te kom. Dit mag egter nie ouer as 72 uur wees nie.. Besoekers aan die land sal wel toegelaat word om in Suid-Afrika ingeënt te word.


