Hamlets het verlede Saterdag (15 April) in sy eerste WP-Superliga A-wedstryd teen die studente van Maties in Mamre met 35-47 vasgeval.
Hamlets, wat op ’n tydstip met net 12 spelers oor die weg moes kom, kan dit egter nie as ’n verskoning gebruik nie omdat die span se dissipline hom eenvoudig in die steek gelaat het. Die tuisspan is ná slegs 16 minute van die wedstryd tot 14 spelers beperk toe een van sy spelers ’n rooi kaart gekry het. Dit het die tuisspan egter nooit ondergekry nie.
Die tuisspan, wat gou 0-14 agter was, was egter in die eerste 40 minute slimmer as die studente en het sy Maties-teenstanders met skitterende aanvallende rugby uitoorlê. Dit het Hamlets net meer gemotiveer en die studente moes die meeste van die verdedigingswerk doen.
Die tuisspan was teen rustyd 21-19 voor, maar het in die tweede helfte die kluts effens kwytgeraak.
Die span sal die tweede helfte gewis gou wil vergeet. Maties het reeds vroeg weer sy neus voor gekry danksy ’n verdoelde drie. Die tuisspan, met hordes ondersteuners om die veld, het steeds die aanvalwerk gedoen, maar ook die bal teen die verloop van spel aan die besoekers afgestaan.
Ná geelkaarte en met net 12 spelers kon die tuisspan vir byna 15 minute nie al die gate toestop nie en Maties het beheer oor die wedstryd geneem. Hamlets het egter ’n “never give up”-veggees getoon deur twee verdoelde drieë aan te teken, maar het ook sewe punte op ’n skinkbord aan die besoekers gegee toe die span met aanvallende rugby tot by die besoekers se doellyn gevorder het, net om die bal in ’n Matie se hande te gooi vir ’n drie van byna 90 m onder die pale. . Hamlets het Saterdag in Mamre teen NTK met 7-14 vasgeval nadat die spanne rustyd 7-7 gelykop was.. Mamre het Saterdag op sy tuisveld die onoorwonne Hopefield in die span se tweede wedstryd van die seisoen gepak. Hopefield, wat reeds met die twee voorste spanne van verlede seisoen afgereken het, het egter met 3-19 vasgeval nadat Mamre die nat en winderige toestande beter benut het. Die spanne het gaan water drink met die telling op 3-3 en die tuisspan het die besoekers met die wind van agter gereeld op die agtervoet gehou.. Atlantis het in sy eerste wedstryd teen Peninsula van Muizenberg die krane behoorlik oopgedraai en die wegwedstryd maklik met 52-14 gewen. . Young Hearts van Pella het ’n blaaskans geniet en onthaal Piketberg hierdie naweek op die grafkelder.


