Die Atlantis-polisie het onlangs hul tien mees gesoekte mense vir Mei bekendgemaak. Volgens kapt. Lisa Munro, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, word die mense vir verskillende misdade gesoek.

Die oortredings wissel van moord, verkragting, besit van vuurwapens en ernstige aanranding, het Munro bevestig.

Volgens Janine Passens van die Survivors Haven Foundation, wat slagoffers van seksuele misdrywe ondersteun, vra die organisasie dat borgtog nié aan seksuele oortreders toegestaan moet word nie.

Neo Josias Mohatle van Brown Farm, Phillipi, word gesoek in verband met moord.

Andile Kotyi van Witsand, Atlantis, word gesoek in verband met ’n klag van moord.

Babalwa Sokomane van Witsand, Atlantis, word gesoek weens ernstige aanranding.

Julius Banda van Witsand, Atlantis, word ook gesoek weens ernstige aanranding.

Andile Selekape van Witsand, Atlantis, kan die polisie help met hul ondersoek na ’n verkragtingsaak.

Adrian Booysen van Scottsdene, Kraaifontein kan die polisie help in hul ondersoek na ’n verkragtingsaak.

John Moses van Dassenberg, Atlantis word gesoek in verband met ernstige aanranding.

Rashied Pieters van Robinvale, Atlantis word gesoek vir die besit van ’n onwettige vuurwapen.

Lenito Gampies van Avondale, Atlantis word gesoek vir ernstige aanranding.

Nteme Magqwetha van Witsand, Atlantis – gesoek weens ernstige aanranding.

Volgens Passens is baie van die verdagtes uit op borgtog of is op parool vrygelaat, en dit maak dit maklik vir oortreders om te verdwyn. Dit is baie frustrerend om verdagtes lag-lag uit die hof te sien stap,” verduidelik sy. “Daar is niks wat ons as organisasie kan doen as die hof besluit die verdagte moet vrygelaat word net om weer dieselfde misdaad te gaan pleeg nie,” voeg sy by.

Sy meen dit kan baie help as die polisie belonings kan uitloof aangesien die gemeenskap ook dan meer betrokke sal raak.

Munro rig egter ’n pleidooi aan die gemeenskap om die polisie by te staan en te help om die verdagtes op te spoor.

  • Enigiemand met enige inligting word gevra om die polisiekantoor by 021 571 8551 te skakel of lt.kol Reeves by 082 469 3261 te bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article