’n Titel as Mej. Suid-Afrika en later Mej. Heelal is maar net van die drome van Sashkia Salmans (14) van Rozettestraat in Avondale.
Dié vriendelik tiener wat, die
Sashkia, ’n gr. 10-leerder by Atlantis Sekondêr, sê sy stel haar skoolwerk eerste en dan modelwerk. Haar groot droom is om met kinders te werk, en as sy nie modelwerk doen nie, wil sy graag onderwyser word.
“Dit is harde werk en groot opofferings,” vertel sy. Sashkia het reeds op tweejarige ouderdom haar eerste titel gewen.
Die skamerige Sashkia sê die omstandighede in haar buurt maak dit glad nie maklik om altyd positief te wees nie, veral omdat bendegeweld en dwelmmisbruik aan die orde van die dag is.
“Dit is iets wat my glad nie terughou nie, want dit laat my uiteindelik harder werk en motiveer my daagliks om hoër in die lewe te mik,” vertel sy, en voeg by mense in haar buurt is baie ondersteunend.
Volgens Sashkia, wat nou meer gereeld wil uitreik na mense in haar gebied, beoog sy meer gemeenskapbetrokkenheid en deel nog kos aan behoeftiges uit.
“Dit is alles moontlik danksy Danny Pietersen, die president van Atlantis Rotariërs,” verduidelik die voormalige Mej. Weskus Nuus-finalis.





