TygerBurger

Wes-Kaapse premier, Alan Winde, gas by senior se 106de verjaarsdag-partytjie

Johanna Marais
Johanna Marais (voor) met premier Alan Winde, Terblanche Jordaan en die Radio Tygerberg-span – Rikus van Rooy, Francois Boyce en Jan-Hendrik Fourie.
TygerBurger

Wes-Kaapse premier, Alan Winde, gas by senior se 106de verjaarsdag-partytjie

Johanna Marais
Johanna Marais (voor) met premier Alan Winde, Terblanche Jordaan en die Radio Tygerberg-span – Rikus van Rooy, Francois Boyce en Jan-Hendrik Fourie.

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, was vandeesweek een van die spesiale gaste by die verjaarsdag-feesviering van ‘n senior burger wat ‘n reusemylpaal behaal het.

Johanna Marais, ‘n inwoner van Trans50-Palms in Panorama, het Maandag (19 Julie) haar 106de verjaarsdag gevier en was omring deur familie, vriende en mede-inwoners van die tehuis.

Winde sê die uitnoding was baie spesiaal.

“Dit was ‘n voorreg en ‘n plesier om tannie Marais se 106de verjaarsdag-feesviering by te woon.

“Sy is ‘n merkwaardige vrou en dit was ‘n spesiale geleentheid.

“Aan tannie Marais, jou genade en veerkragtige gees inspireer ons almal. Ons wens jou voortdurende gesondheid, geluk en liefde, en nog vele meer koesterbare oomblikke toe,” sê Winde.

Radio Tygerberg

Die span van Radio Tygerberg 104FM het ook die geleentheid bygewoon.

“Levitikus 19 vers 32 leer ons dat ons moet kyk en omsien na ons bejaardes. Daarom was dit vir Radio Tygerberg die grootste eer om die 106de verjaarsdag van Johanna Marais te vier. Ons was ook bevoorreg om die dag te deel met die Wes-Kaapse premier, Alan Winde,” sê Francois Boyce, woordvoerder.

“Sy is die derde oudste mens in die Wes-Kaap en lyk nog of sy 80 is. Iemand wat haar lewe voluit lewe, en dit haar missie maak om vriendelikheid te saai waar sy beweeg.

“Van elke Radio Tygerberg-personeellid en luisteraar wil ons vir haar baie liefde en geluk wens,” sê Boyce.

Geskiedenis

Annamarie Heydenrych, leefstyl-konsultant by Trans-50 Panorama Palms, sê ten spyte van die 106 jaar is Marais nog jonk van gees.

Nadat sy gematrikuleer het aan Charlie Hofmeyer in Ceres, het Marais as ‘n verpleegster gewerk. Sy het daarna meer as 30 jaar ‘n loopbaan in die bankwese gehad, en het by Barclays Bank destyds in Strandstraat, Kaapstad, gewerk. Sy is vanaf Mei 1999 ‘n inwoner van Panorama Palms.

Marais het tot Desember 2018 onafhanklik gewoon, sê Heydenrych.

Ná ‘n beroerte is Marais na die Lovealot-versorgingsafdeling en maak sy van ‘n rolstoel gebruik. “Dit verhoed haar nie om steeds aan stoelgimnasium deel te neem nie. Sy geniet dit om rugby ook te kyk en hou van Gospelmusiek,” sê Heydenrych.

Heydenrych het bevestig dat Marais die derde oudste mens in die Wes-Kaap is en die 12de oudste in Suid-Afrika.

LEES OOK: Burgemeester van Kaapstad besoek bejaarde van Panorama toe sy 105 jaar oud word

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article