’n Hoogtepunt op vanjaar se Ignite and Revive-familiefees is die kunstenaars wat ’n draai op die verhoog kom maak.

Vrydagaand sal Duane & Okes, Carmen Basson, Jaco Bezuidenhout, Ricus Nel, Juanita du Plessis en oud-Kroonstadter Robbie Wessels hul buiging maak.

Saterdag sal Duane & Okes, Armand Hofmeyr, Andriëtte Norman, Jo Black en Droomsindroom optree.

Onbeskaamd sal Sondag op die lofprysing-en-aanbidding-geleentheid optree.

Besoek igniteandrevive.co.za vir die program waarin die vertonings en tye uiteengesit word.

Feeskaartjies kan aanlyn of by Pick n Pay Panorama, The Interior Shop en Sernick Butchery and Deli gekoop word.

Kaartjiepryse
  • Vrydag-vertonings: R150 per persoon, terwyl leerlinge (sewe tot 18 jaar) R120 elk betaal;
  • Saterdag-vertonings: R150 per persoon, terwyl leerlinge (sewe tot 18 jaar) R120 elk betaal;
  • Naweekkaartjies: R250 per persoon, terwyl leerlinge (sewe tot 18 jaar) R200 elk betaal.

Kinders jonger as sewe jaar kry gratis toegang.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article