Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem se debatspanne het uitstekend gevaar tydens die ATKV-debat-kompetisie se eindronde waar debatspanne oor die land heen mee geding het om as die beste debatspan in die land gekroon te word.
Die debatspanne het op Maandag 4 Augustus by die ATKV-Goudini Spa in Worcester deelgeneem.
Dit was egter Witteberg se junior debatspan wat skoonskip gemaak het toe hulle as die nasionale wenners gekroon is. Sprekers in die span was Gerhard Nel, Leonelle van Niekerk en Heilene Meintjies. Nel het ook die eerbewys vir die deelnemer met die beste taalgebruik ontvang.

Witteberg se senior debatspan het ‘n uitstekende debatvoering teen die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria (Affies) gelewer, maar het ongelukkig nie die top drie gehaal nie.
“Hierdie uitsonderlike prestasie plaas Witteberg op die nasionale debatkaart, en ons is trots en dankbaar vir ons leerlinge se toewyding en harde werk,” sê Gustav Dreyer, bemarkingshoof van Witteberg.






You must be logged in to post a comment.