Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks: Diamantveld veg terug op sportveld

Die Hoërskool Trio in Kroonstad het in sy eerste uitdaging van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks wat op Saterdag 16 Maart plaasgevind het, teen die Hoërskool Diamantveld van Kimberley te staan gekom. Hier is Byron Biennas van Trio (met die bal) in aksie. Foto: Verskaf


Die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks is sedert begin Maart volstoom aan die gang en deelnemende skole is besig om behoorlik kragte op die sportveld te meet.

Die Hoërskool Trio in Kroonstad het op Saterdag 16 Maart in hul eerste ronde van die sportreeks teen die Hoërskool Diamantveld op hul tuisveld te staan gekom.

Diamantveld het die rugby hoofsaaklik oorheers met die eerste span wat met slegs twee punte op die telbord gewen het. Diamantveld het in die laaste minute van die wedstryd ‘n drie gedruk om as oorwinnaars uit die stryd te tree. Tyron Adams van Trio is as speler van die wedstryd aangewys.

Trio se o.15-rugbyspanne het al hul wedstryde gewen en die besoekers met ‘n nul-telling op die telbord gelaat.

Onder die rugbyspanne was daar ‘n sterk kragmeting. Altwee die skole het uitstekende oorwinnings behaal.

Trio se hokkiespanne het uitstekend gevaar en het byna skoonskip gemaak toe Trio slegs een van die ses hokkiewedstryde verloor het.

Die eerste meisiespanne het gelykop gespeel met een elk.

Jani Wessels en Amo Dumane van Trio is as spelers van die wedstryde aangewys.

Diamantveld het behoorlik koning gekraai op die netbalbaan toe hulle al 11 netbalwedstryde gewen het.

Nicole Myburgh van Trio is as speler van die wedstryd aangewys. Hoewel die dag hoofsaaklik deur Diamantveld oorheers is, was dit Trio se gasvryheid en sportmangees wat uitgestaan het.

Uitslae is as volg:

Rugby:

Eerste span: Diamantveld 29 – 27 Trio;

Tweede span: Diamantveld 41 – 10 Trio;

Derde span: Diamantveld 54 – 0 Trio;

o.16A: Diamantveld 31 – 14 Trio;

o.16B: Diamantveld 33 – 0 Trio;

o.15A: Trio 50 – 0 Diamantveld;

o.15B: Trio 52 – 0 Diamantveld;

o.14A: Diamantveld 42 – 5 Trio; en

o.14B: Diamantveld 31 – 0 Trio.

Hokkie: seuns

o.18A: Trio 6 – 0 Diamantveld;

o.18B: Trio 5 – 0 Diamantveld; en

o.16A: Trio 3 – 1 Diamantveld.

Hokkie: meisies

o.18A: Trio 1 – 1 Diamantveld;

o.18B: Diamantveld 3 – 0 Trio; en

o.16A: Trio 2 – 1 Diamantveld.

Netbal:

o.19A: Diamantveld 63 – 19 Trio;

o.19B: Diamantveld 28 – 7 Trio;

o.17A: Diamantveld 29 – 7 Trio;

o.16A: Diamantveld 24 – 23 Trio;

o.16B: Diamantveld 30 – 3 Trio;

o.15A: Diamantveld 28 – 9 Trio;

o.15B: Diamantveld 25 – 7 Trio;

o.15C: Diamantveld 22 – 6 Trio;

o.14A: Diamantveld 22 – 6 Trio;

o.14B: Diamantveld 21 – 10 Trio; en

o.14C: Diamantveld 16 – 5 Trio.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article