Verskeie veldbrande het in Clarens en omgewing gew

Verskeie veldbrande het in Clarens en omgewing gewoed

Groot skade is onlangs weens verwoestende veldbrande in die Noord- en Oos-Vrytaat aangerig. Hektaar op hektaar weiding is verwoes en diere moes inderhaas na veiligheid gebring word.

Al was dit snerpend koud, was dit die stormsterk wind wat die verwoesting aangeblaas het.

Brande ontstaan op verskeie maniere, maar baie dikwels is dit weens die nalatigheid van mense.

’n Voorbeeld hiervan is wanneer vuur in die veld of langs die pad gemaak word, vir hitte in die snerpende koue. As die wind skielik opkom, is die risiko groot dat die veld kan brand.

Ook, sigaret-stompies wat in die veld gegooi word, is in menige geval die oorsaak van verwoestende veldbrande.

Voedselsekerheid word bedreig wanneer veldbrande weiding verwoes en diere doodbrand. Boere ly duisende rande se skade en moet ekstra voer vir diere koop as die veld tot as verbrand. Dít het ’n invloed op alle verbruikers.

Saam met die koue van die winterseisoen en pogings om warm te bly, is dit ook nou die seisoen van brande. Owerhede en brandbestrydingsorganisasies waarsku mense jaarliks om versigtig te wees.

Tref voorsorgmaatreëls gepas vir jou omstandighede.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article