Of my trane en gebede gevul is met vreugde of hartseer, Hy gee altyd om vir my.
Inspirasie vir vandag. Credit: Getty Images/iStockphoto

Ons lees in Lukas 7:36-50 die verhaal van Jesus wat na die huis van Simon die Fariseër genooi word.

Gasvryheid (en al die reëls omtrent dit) was uiters noodsaaklik vir die Jode. Daarom is dit opvallend dat hierdie man nie een van die “goeie gasvryheid” reëls nakom teenoor Jesus nie.

Hy verwelkom Jesus nie op die regte manier nie.

As iemand in jou huis gekom het, moes jy hom eers groet met die soen van vrede.

Die tweede wet van gasvryheid was dat jy vir koue water gesorg het sodat sy stowwerige voete afgewas en gesalf kon word.

Die derde voorskrif was dat jy olie op iemand se kop gedrup het.

Hierdie Fariseër doen nie een van hierdie dinge teenoor Jesus nie.


  • Hy verwelkom Jesus nie op die korrekte manier nie. As iemand in jou huis gekom het, moes jy hom eers groet met die soen van vrede.

  • Die tweede wet van gasvryheid was dat jy vir iemand koue water gesorg het sodat sy stowwerige voete afgewas en gesalf kon word.

  • Die derde voorskrif vir gasvryheid was dat jy olie op iemand se kop gedrup het. Hierdie Fariseër doen nie een van hierdie dinge teenoor Jesus nie.

Terwyl die mans besig is in die vertrek, kom daar skielik ’n vrou ingestap, en nie sommer enige vrou nie. ’n Slegte vrou, na alle waarskynlik ’n prostituut, want haar los hare verklap dit.

Simon en sy mede Fariseërs kyk met afsku en oordeel na hierdie vrou. Jesus is bewus van hul gedagtes van oordeel en vra aan Simon die kernvraag: “Sien jy hierdie vrou?

“Simon, daar is ’n mens agter die sonde en die verkeerde pad en die slegte keuses, en jy moet haar raaksien.

“Jy wou my op hierdie veilige afstand hou – jy het nie eens olie op my kop gedrup nie. Sy kom drup duur reukolie op my voete en droog dit met haar hare af.

“Sy is eintlik die gasheer vir die Messias hier, Simon, en nie jy nie.”

Die Fariseërs se woorde was hamers wat sondaars nog verder neergeslaan en tot in die duisternis buite God se genade en koninkryk verdoem het.

As gelowiges sal ons opnuut weer hierdie gedeelte ernstig moet opneem.

  • Doen ons soos die Fariseërs wat etikette op mense plak en hulle oordeel, of doen ons soos Jesus wat sondige mense vryspreek, verwelkom, innooi, opbou en genade aan hulle betoon? Weideman is leraar aan die NG kerk Kroonheuwel-Noord in Kroonstad.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article