Verlede week het groot dele van die land erge koue beleef, en in die Noord- en Oos-Vrystaat is minimum temperature van tot -9 °C gemeet. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein voorspel vir die week wat voorlê minimum temperature tussen 0 °C en 3 °C, met maksimum temperature tussen 16 °C en 25 °C. Geen reën word vir die streke voorspel nie. Dié foto van ’n bak water wat gevries het, met ’n baksteen bo-op, is op Vrydag 5 Julie geneem, toe die minimum temperatuur in Bethlehem -6,5 °C was.Foto: Marilou Corver


Weer wys sy (baksteen)harde, ysige kant

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article