’n Nuwe seisoen is om die draai, en reeds in Augustus bied vanjaar iets wat voel na lenteweer. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein voorspel vir die week wat voorlê in die Noord- en Oos-Vrystaat minimum temperature wat sal wissel tussen 1 °C en 8 °C, met maksimum temperature tussen 18 °C en 30 °C. Geen tot min reënval word voorspel. Dié foto van ganse in ’n ry is op die plaas Almakop, in die Warden-distrik van die Noordoos-Vrystaat, afgeneem.Foto: Marilou Corver


Waggel ’n vroeë lente tegemoet

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article