Die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem is die beste presterende akademiese skool in die stedelike afdeling in die Thabo Mofutsanyana-distrik. Met trofeë wat die skool ontvang het, is Gys Coetzee (hoof) en Benette Brits (adjunkhoof).
Die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem is die beste presterende akademiese skool in die stedelike afdeling in die Thabo Mofutsanyana-distrik. Met trofeë wat die skool ontvang het, is Gys Coetzee (hoof) en Benette Brits (adjunkhoof). FOTO: Verskaf

Die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem is as die beste presterende akademiese skool in die stedelike afdeling in die Thabo Mofutsanyana-distrik aangewys.

Op die geselligheid van die Vrystaatse departement van onderwys om die toppresteerders te vereer, wat vanjaar op Vrydag 20 Februarie plaasgevind het, het Voortrekker met die louere weggestap.

Danksy die matriekklas van 2025, wat besonders goed presteer het, het die skool verskeie eerbewyse ontvang, waaronder topprestasies in Afrikaans (huistaal), Engels (eerste addisionele taal), toerisme en wiskunde. Nadat trofeë, kontantpryse en sertifikate oorhandig is, is Voortrekker as die algehele voorloper in die stedelike afdeling aangewys.

Hiermee is die skool opnuut vir sy volgehoue strewe na uitnemendheid beloon, waarop hy met trots oor sy akademiese presteerders kan spog.

Benette Brits, adjunkhoof van Voortrekker, het gesê dat die skool elke Gr.12-onderwyser hartlik vir hul harde werk en toewyding bedank.

“Ons is opreg dankbaar vir die spesiale eerbewyse en die harde werk van elke leerder en onderwyser wat dit moontlik gemaak het,” het Gys Coetzee, hoof van Voortrekker, gesê.

Die departementele geselligheid het by die Bluegumbosch-stadion in Qwaqwa plaasgevind.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article