Die jaarlikse gholfdag ten bate van die DBV in Bethlehem is op 9 Augustus in Clarens gehou. Die geleentheid, aangebied deur Railway Liquorland, is goed deur spelers van die Oos-Vrystaat ondersteun. “ ’n Stewige bedrag, wat werklik handig te pas sal kom, is vir die DBV ingesamel. Ons wil opreg dankie sê vir almal wat die dag so goed ondersteun het,” sê Corlene van der Merwe, voorsitter van die DBV in Bethlehem. Van links is Marelize Naudé, Marius Dreyer (ondervoorsitter), Mariana Hintze, Van der Merwe, Ezmarie van Litsenborgh en Brenda Jonker.Foto: Verskaf


Verwelkom steun wat jaarlikse gholfdag bied

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article