Oktober 2023 was effe droër as verlede jaar dié tyd, sê Len Smith van Kroonstad, wat sedert 1991 maand ná maand die dorp se reënval dokumenteer.. Smith het verlede jaar Oktober 111 mm reën gemeet, teenoor vanjaar se 62 mm vir Oktober. Debbie Agenbag, ’n inwoner van Rosendal in die Oos-Vrystaat, sê hul algehele reënval vir Oktober was 75,5 mm.. Smith sê dat die voorspelling vir ’n El Niño-seisoen vir 2023-’24 baie warmer toestande met min reën tot gevolg kan hê. Dié natuurtoneel met die dam op die voorgrond is op die Rietvleiplaas reg teenaan Rosendal geneem.Foto:Debbie Agenbag


Vang natuurskoon in prag-oomblik vas

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article