‘n Musiekleerder van Kroonstad het sy Unisa-klaviereksamen vir graad 3 met lof geslaag (90%), en sy naam is op die Unisa-ererol vir uitblinkers geplaas.
Hendrik Rautenbach, ‘n gr.7-leerder aan Trio Primêr in Kroonstad, het dié prestasie op 13 September behaal.
Dié jongman het ook op die Kroonstad-eisteddfod, wat op 21 Augustus plaasgevind het, ses van die mees uitmuntende simbole, A++, vir sy klavierspel verwerf. Hy is boonop in drie afsonderlike afdelings as die kategorie-wenner op die eisteddfod aangewys.
“Hendrik se droom is om homself as ‘n volwaardige, uitnemende pianis te kwalifiseer,” sê Irma Geldenhuys, sy musiekonderwyser van Kroonstad.





