Die afgelope naweek het die Noord- en Oos-Vrystaat, wat drie weke gelede nog uiters koue toestande beleef het, swaar gebuk gegaan onder baie warm toestande weens ’n hittegolf. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein voorspel vir die komende week minimum temperature tussen 11 °C en 16 °C, met maksimum temperature wat sal wissel van 28 °C tot 35 °C. Reënval kan plek-plek voorkom. Die foto wys van die eerste Sewejaartjies in Clarens wat tussen die dooie gras uitkruip. Foto: Cecile Nijland


Trek blommejas aan ná koue winter

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article