’n Unieke ooreenkoms van agt jaar tussen die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit (MAP) en Eskom het ten doel om die munisipaliteit se tegniese en finansiële volhoubaarheid, te herstel wat die munisipaliteit dan in staat sal stel om vir grootmaat-elektrisiteit van Eskom te betaal en om aan te hou om elektrisiteit aan sy kliënte as ’n basiese diens te voorsien Foto: Argief


Eskom en die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit (MAP) het ’n gesamentlike onderneming onderteken wat daarop gemik is om die volhoubaarheid van elektrisiteitsvoorsiening in die munisipaliteit te herstel.

Hierdie unieke ooreenkoms van agt jaar het ten doel om die munisipaliteit se tegniese en finansiële volhoubaarheid te herstel, wat die MAP dan in staat sal stel om vir grootmaat-elektrisiteit van Eskom te betaal, en om aan te hou om elektrisiteit aan sy kliënte as ’n basiese diens te voorsien.

Die ooreenkoms, wat tot 15 jaar verleng kan word, het ten doel om inkomste in te samel en ook om MAP se uitstaande skuld aan Eskom, wat betroubare elektrisiteitsvoorsiening verseker, te vereffen. Dit sal ook dié munisipaliteit help om sy voet in elektrisiteitsvoorsiening terug te kry.

Voorafbetaalde kliënte sal fakture ontvang en sal betalings direk in Eskom se bank rekening maak.

Die munisipaliteit se personeel sal ook opgelei word om die netwerk in stand te hou en te bedryf,” sê Stefanie Jansen Van Rensburg, Eskom-skakelbeampte.

“Hierdie samewerkende inisiatief, wat ’n presedent is vir toekomstige ooreenkomste tussen entiteite in staatsbesit, het ontstaan as ’n verspreidingagentskap-ooreenkoms tussen Eskom en die MAP. Dit het gevolg op ’n bevel van die Noord-Gautengse hooggeregshof oor die MAP se uitstaande skuld van R8 miljard aan Eskom vanaf einde Julie 2024,” sê Jansen van Rensburg.

Op 8 Junie 2021 het die Noord-Gautengse hooggeregshof Eskom as die dienslewering-agent vir die MAP se elektrisiteit-besigheid aangestel.

Sedert die verspreidingsooreenkoms op 31 Mei 2023 onderteken is, word aansienlike vordering agter die skerms gemaak om die doelwit om die herstel van die munisipaliteit se tegniese en finansiële gesondheid reg te stel, te bereik.

“Eskom werk saam met die munisipaliteit om sake- en bedryfsuitdagings op die kort-, medium- en lank termyn aan te spreek, sê Jansen van Rensburg.

“Sedert die ooreenkoms onderteken is, is ’n gesamentlike projekbestuurskantoor onder voorsitterskap van die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta) suksesvol gevestig,” het Brenda Cebekhulu, senior bestuurder van bateskepping en voorsitter van Eskom se projekbestuurskantoor, gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article