Die 28ste Ysbeertjie-bibberswem-uitdaging gaan nog groter en beter as vorige geleenthede wees.
Felix Burri, wat dit jaarliks ten bate van liefdadigheidsorganisasies aanbied, sê die reëlingskomitee het besluit om die uitdaging nader aan die publiek te bring.
Die eerste van hierdie swemgeleenthede vir vanjaar word Saterdag (24/06) in die Allemanskraaldam aangebied.
Mense van Bloemfontein en omstreke kan hulle regmaak om op 1 Julie deel te neem. Dié uitdaging word aangebied by Doringbos, sowat 35 km buite die stad langs die R64, naby die damwal van die Krugersdriftdam.
Daar is ook op 8 Julie ’n swemgeleentheid op die Rogge Cloof-landgoed by Sutherland.
Soos altyd word toegangsgeld – R100 per voertuig, wat by die hekke gehef word – direk aan plaaslike welsynsorganisasies geskenk.
Belangstellendes kan hul navrae oor die swemgeleenthede aan Burri by 082-851-4584 rig.
X Lientjie Mentz

