Ixoré Cilliers van die Bethlehem-gimnastiekklub is Saterdag (20/08) in Bloemfontein vir die Vry­staatspan gekies. Sy was vierde in haar afdeling. In Noord-Vrystaat-gimnastiek se kwalifiserings­ronde op 13 Augustus in Bultfontein was sy eerste op vlak 6 in die ouderdomsgroep vir gim­naste 14 jaar en ouer. Op 6 Augustus het sy in die Helena Botha-gimnastiekklubkompetisie ’n silwer­medalje en twee bronsmedaljes verwerf. Sy was vierde in haar ouderdomsgroep. Ná Noord-Vry­staat-gimnas­tiek se kwalifiseringsronde is van links Suene Gouws (Senekal, derde), Ixoré (eerste) en Lenor Roode (Senekal, tweede). Suene en Lenor het albei ook die Vrystaatspan gehaal.Foto: Verskaf


Styg uit in gimnastiek

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article