Die nuwe bestuur van AfriForum se Viljoenskroon-tak is van links Francois Vos (omgewingsake), Ali Bam (plaaslikeregeringsake), Benton Nortman (ondervoorsitter), Alta Pretorius (AfriForum-distrikskoördineerder vir die Mooirivier-streek), Lynne Griesel (sekretaresse), MG van Niekerk (tesourier), Attie Barnard (plaaslikeregeringsake) en Boet Wienand (voorsitter).Foto: Verskaf


AfriForum se Viljoenskroon-tak het onlangs sy nuwe bestuurspan aangewys.

Nuut verkose bestuurslede is op 14 September aangekondig en is slaggereed om uitdagings in die dorp hok te slaan. Hulle is: Boet Wienand, voorsitter; Benton Nortman, ondervoorsitter; Lynne Griesel, sekretaresse; MG van Niekerk, tesourier; Ali Bam en Attie Barnard, albei vir plaaslikeregeringsake; en Francois Vos, omgewingsake.

Die span het reeds kwessies soos opruimingsprojekte, die instandhouding van verkeerstekens, noodwaterpunte en munisipale aangeleenthede as voorkeursake uitgelig.

Hulle is baie optimisties en geesdriftig om verbeteringe op verskeie terreine in Viljoenskroon te bewerkstellig.

“Dit is lekker om ’n entoesiastiese, vars span op die bestuur te hê. Ek is oortuig daarvan dat hulle met die samewerking van die gemeenskap ’n groot verskil in Viljoenskroon sal maak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier-streek.

Enigeen wat meer wil weet of by die tak betrokke wil raak, kan Wienand by 082-888-1708 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article