“Ek kon nie ophou kyk na die pragtige kontras nie. Die donker wolk links en dan die pragtige dubbele reënboog regs, met die boompie toevallig daar. Dit was vir my so simbolies. In donkertye moet ons ons oë gefokus hou op Jesus, selfs in die storms, want soms seën Hy ons met ’n dubbele seën,” sê Estelle van Straaten, van Bethlehem, wat dié besonderse foto geneem het. Sy sê die boompie is vir haar simbolies van die mens wat vorentoe kyk en nie net die donker raaksien nie, maar ook die lig en hoop daarby. Dié treffende foto is op 11 Februarie net ná 17:00 op die Clarens-pad geneem. Volgens Van Straaten was dit op die dag bewolk en het dit kol-kol gereën. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein voorspel vir die week wat voorlê minimum temperature tussen 14 °C en 18 °C, met maksimum temperature wat sal wissel tussen 21 °C en 32 °C, vir die streek. Reën word ook voorspel.Foto: Estelle van Straaten


Simboliseer hoop te midde van ’n krisis

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article