Laura Shepherd, ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Witteberg, het die naweek aan die AGN-stapwedloop-byeenkoms in Pretoria deelgeneem. Sy het 10 km in 58:19 afgelê. Dit is ’n rekord vir Witteberg.


Drie jong atlete aan die Hoërskool Witteberg, Laura Shepherd (gr. 11), Jemma Shepherd en Zanri Pelser (albei in gr. 8), het aan Atletiek Gauteng-Noord (AGN) se stapwedloop-byeenkoms in Pretoria deelgeneem.

Die geleentheid is by die Universiteit van Pretoria (UP) aangebied.

Laura het aan die 10 km-wedloop deelgeneem en dit in 58:19 voltooi. Sodoende het sy ’n rekord vir Witteberg opgestel.

Jemma en Zanri het aan die 5 km-wedloop deelgeneem.

Jemma was algeheel derde in haar ouderdomsgroep, en Zanri vyfde.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article