Inwoners van Kroonstad is bekommerd oor die geel tot donkerbruin water wat uit hul krane loop, wat selfs ’n reuk het. In Brandstraat, Kroonstad, is inwoners met dié donker water uit hul krane verras. Foto: verskaf


Groot kommer heers by inwoners van Kroonstad nadat verskeie klagte uit verskeie woonbuurte ontvang is oor bruin water, wat soms ’n reuk het, uit die dorp se krane vloei.

Verlede week het sakeman Spiro Khoury van Kroonstad saam met VF-Plus raadslid Lousanne van Heerden, inwoner Gabrie Grobler en ’n afvaardiging in opdrag van ’n departement binne nasionale regering die Kroonstad-rioolaanleg besoek.

Tydens die besoek is bevind dat die aanleg steeds onder konstruksie is en nie-funksioneel is. Geen riool word tans by die rioolwerke opgeneem nie. Drie van die mengers by die aanleg draai, maar die terugvoerkanaal is droog. Die tenke by die aanleg is ver onder die funksioneringsvlak, wat aandui dat die aanleg vir ’n geruime tyd nie werk nie. Die gevolgtrekking is dus dat geen riool by die aanleg in Kroonstad verwerk word nie.

Khoury sê dit is angswekkend om te dink dat onbehandelde riool vrylik in die dorp en omgewing wegvloei. Dié probleem word reeds vir die laaste sewe jaar geopper.

“Volgens die Nasionale Waterwet is dit ’n kriminele oortreding. Die wet bepaal dat rioolstorting verkieslik binne 24-uur herstel moet word. Die besmette area moet ook gerehabiliteer word en geen herhaling mag voorkom nie.”

Van Heerden sê die VF-Plus het ’n klag by die Groen Skerpioene ingedien oor die rioolaanleg.

“Ondanks die besteding van meer as R100 miljoen sedert 2016, blyk dit dat die aanleg meestal buite werking is. Riool word direk in die Valsrivier gestort. Dit kan bydra tot die gereelde geel of bruin drinkwater uit die krane. Dit skep groot gesondheids- en veiligheidsrisiko’s vir die gemeenskap.”

DA-raadslid Spaski Geldenhuis sê die party stel nou ’n volledige verslag en in diepte verslag saam oor die waterprobleme in Kroonstad. “Die rioolaanleg wat buitewerking is, is maar een van vele probleme. Dit is egter die gehalte van die water wat uit die krane vloei wat nou ‘n kopseer is. Verskeie faktore kan tot die swak gehalte kraanwater ‘n bydrae maak. Die DA moedig egter die inwoners aan om enige probleme rakende die watergehalte dadelik te rapporteer vir verdere ondersoek.”) Die Moqhaka-munisipaliteit het in ’n verklaring gesê die stemboodskap, wat op sosiale media versprei word, dat die water giftig is, is vals. Dit is prosedure vir die munisipaliteit om daagliks elke twee uur die water te toets en elke sewe dae die water te laat toets om seker te maak dit is geskik vir menslike gebruik. Die onlangste toetse het bewys daar is geen tekens van gif nie en die water is veilig vir menslike gebruik.wat tans onder chaoties omstandighede bestuur word en wat vir die afgelope ruk geen of slegs waarnemende munisipale bestuurders het, en in-diepte verslag

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article