So kort voordat die somer behoorlik aanbreek, is die dae óf uitermatig warm óf koel, en boere wag op goeie reën. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein voorspel vir die komende week in die Noord- en Oos-Vrystaat minimum temperature tussen 9 °C en 18 °C, met maksimum temperature wat sal wissel tussen 24 °C en 31 °C. Reënval kan moontlik oor groot dele van die streek voorkom. Dié laksman (met volksname soos kanariebyter, “butcherbird” en “hangman”) is baie mak en kuier gereeld by Cecile Nijland van Clarens, waar hy vir ’n lekkerny kom bedel. “Wanneer ons te lank neem om die laksman te voer, kom hy sommer self in die huis in om sy bederf te kom haal,” vertel sy.Foto: Verskaf


Pragtig astrant

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article