‘n Oudleerling van Grey-kollege in Bloemfontein is dood toe die Toyota Hilux Legend waarin hy gereis het, Donderdag 4 Desember in die vroeë oggendure teen ‘n stilstaande voertuig op die N1 Noord gebots het.
NJ Cohen (23), wat pas teruggekeer het uit Amerika waar hy vir ‘n tydperk gewerk het, is op die toneel dood. Cohen is van Kleinplasie in Tielman Roosstraat in Vaalbank-Zuid.
Die ongeluk het om 02:56 plaasgevind toe Cohen se bakkie gebots het met ‘n wit Foton LDV wat langs die pad stilgestaan het. Die bestuurder en pasassier van die Foton LDV is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling, maar Cohen is op die toneel dood verklaar.
Cohen was in 2015 ‘n gr. 7-leerling van die Laerskool Willem Postma. Talle boodskappe van medelye is op dié webwerf asook die reünieblad van Grey-kollege aan sy geliefdes en ouers oorgedra.
LEES OOK: https://novanews.co.za/oud-gimmie-se-lewe-kortgeknip-in-motorfietsongeluk
Lt.kol. Thabo Covane, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, sê ‘n saak van strafbare manslag is by die Bainsvlei-polisiekantoor geopen.
Begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie.





