Oud-Bethlehemiet twee keer vereer op Afri-Indie musiektoekenningsaand

Alouise Peens

Die musikant Alouise Peens het tydens die Afri-Indie 2025-musiektoekenningsaand eerbewyse vir beste nuweling album asook beste solo “live performer” in die vroulike kategorie ontvang.

Die Afri-Indie musiektoekenningsaand is op Dinsdag 5 Augustus by die AfriForum-teater in Pretoria aangebied. Groot name in die musiekbedryf, soos Amanda Strydom is tydens die glansgeleentheid vir hul bydraes vereer.

“Toe ek die eerste eerbewys ontvang was ek verbaas en regtig sprakeloos toe ek my naam hoor om die tweede eerbewys te ontvang. Ek kan nie genoeg dankie sê nie en is opreg dankbaar.”

Sy het haar aanhangers, vervaardiger en die luisteraars vir die ondersteuning in haar loopbaan bedank.

“Sonder hulle sou dit verseker nie moontlik gewees het nie.”

Oud-Bethlehemiet en bekende musikant Alouise Peens, het twee eerbewyse tydens die Afri-Indie 2025 musiektoekenningsaand op 5 Augustus in Pretoria ontvang. Foto: Verskaf

Alouise Peens is ‘n oud-Bethlehemiet in murg en been en maak sedert 2010 haar buiging op die verhoog as solo-kunsternaar. 

As gesoute baskitaarspeler verskyn sy gereeld saam met mede-kunstenaars op die verhoog.

Sy woon die afgelope 13 jaar in Pretoria waar sy ook musieklesse aanbied.  Alouise sê elke liedjie vertel ‘n stukkie van haar hart en storie asook die reis tot waar sy vandag is. Haar nuwe EP, Langpad is nou op alle musiekplatvorms beskikbaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article