Die Tuiskoms-bediening bied ’n geestelike vrouekonferensie in die Noord-Vrystaat en omgewing aan.
Die geleentheid sal van Vrydag 8 Maart tot Sondag 10 Maart by die Gaggle Inn-gastehuis, Kroonstad, plaasvind.
’n Vol program word vir die naweek beplan, met sprekers, beraders, koordans en sang.
Alle vroue word genooi om dié geestelik verrykende naweek by te woon.
Registrasie kos R350 per persoon. Konferensiegangers kan geskenkies en verversings verwag.
Slegs 200 plekke is beskikbaar en bespreking moet so gou as moontlik gedoen word om teleurstelling te voorkom.
Mense wat by Gaggle Inn wil oorslaap en etes vir die naweek wil bespreek, kan 072-641-7636 skakel.
Bel past. Corné Wernich, organiseerder van die vrouekonferensie, by 076-897-8241 vir meer inligting.

