Want to comment on posts, engage with fellow readers, and submit stories, letters, feedback and more?
News
-
Kersgroete: Vandag se uitgawe van VrystaatKroon is die laaste vir 2021, en hiermee word getroue lesers en adverteerders hartlik vir die jaar se getroue ondersteuning bedank.
Vandag se uitgawe van VrystaatKroon is die laaste vir 2021, en hiermee word getroue lesers en adverteerders hartlik vir die jaar se getroue ondersteuning bedank. Dankie aan almal wat deur die jaar inligting en heerlike storiewenke gestuur het, jul bydraes…
-
Twee prominente sakemanne in Bhm sterf
Skokgolwe het deur die Bethlehem-gemeenskap gegaan toe twee prominente sakemanne van die dorp kort na mekaar oorlede is.
-
Wegbrekers juig oor ANC se teleurstelling
Die MaP-16-wegbrekers van die ANC in die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit (Harrismith, Qwaqwa en Kestell) het die ANC so in die wiele gery dat dié party in die munisipale verkiesing slegs 39,36% van die stemme op hom verenig kon kry.
-
Skatkis van stories en vriendskappe om lang tafel ontgin
Inwoners van Rosendal en besoekers het heerlik saam om ’n lang tafel in een van die strate in die dorp gekuier om die lewe en die vreugdes ná die strenger inperking te vier. Dié kuier in die straat het op…
-
Stoetooi boer se grootste aanwins
’n Suid-Afrikaanse vleismerino-stoetooi het in die afgelope 11 jaar 12 keer gelam.
-
Swemmers kan weer induik
Swemmers van Kroonstad en omgewing sal verheug wees om te verneem dat die Môrewag-swembad nuwe lewe gekry het.
-
Kroonstadter se 100 j. met oorgawe gevier
’n Geliefde inwoner van Kroonstad en ook die oudste lid van dié dorp se tak van die Vrouelandbou-unie (VLU) het haar 100ste verjaardag gevier.
-
Tragedie: Wil ander help
Hy sou heel waarskynlik nou al langer as sy ma gewees het en ’n groter nommer skoen gedra het.
-
Vodka red kat se lewe
Flinkdinkende veeartse van Fouriesburg het ’n kat se lewe gered deur hom vodka in te jaag.
-
Fees nog wild en wakker
’n Nuutjie wag op Vrystaters wanneer die De Oude Kraal-landgoed en Sentraal24 kragte saamsnoer om ’n wildskosfees van ’n ander aard aan besoekers te bied. Die fees, nou bekend as die WildsKOS-Gourmetfees, gaan op twee geleenthede – een in Junie…




