Die kommando-lede van die Suid-Afrikaanse Weermag (SANW) se onopgeëisde medaljes kan nou deur dié weermaglede opgeëis word.
Weens die sluitingproses van kommando’s onder die bevel van die weermag se Groep 24 is ’n sluitingsmedalje toegeken aan lede wat by die groepkommando’s gedien het.
’n Tweede besending medaljes vir weermaglede wat vir hierdie vorm van erkenning kwalifiseer, is beskikbaar.
Lede word daarom versoek om ’n e-pos aan deonbester81@gmail.com te stuur. Die e-pos moet hul persoonlike besonderhede bevat, asook die betrokke kommando se naam, om sodoende navraag rakende die medaljes te rig.




