‘n Massapatrollie deur verskeie owerhede en die AFriForum-buurtwagte van die Mooirivierstreek om misdaad hok te slaan, was ‘n sukses.
Die AfriForum-buurtwagte in Mooirivier het saam met die polisie, die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), gemeenskapslede, sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie op 17 en 18 Oktober in hul onderskeie gebiede uitgevoer om sigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 18:00 begin en tot 03:00 die volgende oggend geduur.
Altesaam 190 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en ’n totaal van 2 981 km is met 138 voertuie afgelê.
Daar het 24 lede van die polisie, GPF en sekuriteitsmaatskappye aan die patrolie deelgeneem.
Die buurtwagte wat saam met die polisie, GPF en ander sekuriteitsmaatskappye deelgeneem het, was Viljoenskroon, Bothaville, Sasolburg, Songloed, Potchefstroom en Stilfontein.
“Min of geen insidente is tydens die patrollie aangemeld, vermoedelik vanweë die groot sigbaarheid van die owerhede. Ek is trots op die Mooirivier-buurtwagte wat altyd bereid is om aan die jaarlikse landswye massapatrollie deel te neem, al is dit al laat in die jaar en almal is reeds moeg. Ek bedank ook elke patrolleerder, wat elke nag bereid is om hulle tyd op te offer om na die veiligheid van hul onderskeie gemeenskappe om te sien,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.




