Die Noord-Vrystaatse o.25-rolbalspan het vierde gekom tydens die nasionale junior rolbaltoernooi wat vanaf 22 tot 25 Maart in Bloemfontein aangebied is. Daar was 224 spelers van oor die land heen wat in die o.15-, o.18- en o.25-ouderdomsgroepe meegeding het. Dié toernooi is op die bane van die Orania- en Oud-studente-rolbalklubs beslis. Die Noord-Vrystaters het egter in die eindstryd teen Ekuruleni met ’n telling van 12 – 9 verloor. Die span is, van links, Megan Gerber van Virginia, Anthonio Cronje van Reitz, De Wet Steenkamp van Kroonstad (afrigter), Wouter du Toit van Vredefort en Jason Nel van Hennenman. Foto: Verskaf


Loop die podium net-net mis

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article