In die landboubedryf is die produsent se voertuie onontbeerlik: van die getroue plaasbakkie tot al die landbou-implemente wat die hele proses dra; van aanplant tot die versending van markgereed produkte.
Daarom lewer Reitz Bande al meer as 30 jaar getroue diens aan die landbougemeenskap van die Reitz-omgewing en die Oos-Vrystaat.
Reitz Bande is deel van VKB-Landbou en is die enigste bande-onderneming wat nog al die jare in dié omgewing produsente en die gemeenskap se behoeftes vervul.
Die onderneming het twee volledig toegeruste diensbakkies, wat elk soos ’n mobiele diensstasie is, en lewer nie net dienste op plase nie, maar ook in die dorp.
Die werkswinkel is met die beste tegnologie toegerus, want geen moeite word ontsien om te verseker dat die beste diens aan kliënte gelewer word nie.
Hystoestelle en topgehaltetoerusting word vir die wielsporing van alle passasiersvoertuie en ligte vragmotors gebruik.
Om die langste moontlike en beste diens uit vragmotors se bande te verkry, word Budini Tyre Monitor Service (TMS) gebruik.
Hierdie stelsel is ’n hoogs gespesialiseerde professionele stelsel vir volledige bandebestuur.
Dit hou rekord, van die oomblik dat die bande aangekoop word totdat dit geskrap word, en gee die gebruiker ’n aanduiding van die prestasie van die bande, die koste per kilometer, watter band die beste vir hul behoeftes is, enige probleme met die bande en vele meer.
Die bande word op unieke wyse geïdentifiseer deur middel van handelsmerke, rubberetikette, radioskyfies of ’n kombinasie van hierdie merkers wat aangebring kan word sodat daar die hele tyd rekord is van waar die bande op enige spesifieke oomblik is, en wat die toestand van die bande is.
’n Wye verskeidenheid verskaffers verseker ook dat kliënte ’n puik keuse het van bande wat aan hul spesifieke behoeftes voldoen. Grain Field Chickens is een van die grootste kliënte wie se vragmotors deur Reitz Bande aan die beweeg gehou word.
Die personeel van Reitz Bande se jarelange ondervinding en dat hulle gereeld opleiding ondergaan, stel hulle in staat om topgehaltediens te lewer.





