Betrokkenes by die ATKV se Bethlehem-tak het in die gees van Vrouedag geskenkies aan vroue by verskillende instansies in die dorp uitgedeel. Op 9 Augustus het lede van dié tak die Bergprag- en Residensia-aftreeoord, asook die Sonskyn-dienssentrum, besoek om ’n geskenk vir elke vroulike inwoner en werknemer af te lewer. “Dit is maar een van die vele projekte van Bethlehem se ATKV-tak waardeur ons by die gemeenskap betrokke is. Ons by die ATKV glo dat elke klein gebaar ’n verskil maak in die lewe van die mense wat ons hiermee bereik,” sê Ritjie Nel, voorsitter van die Bethlehem-tak. Hier is, saam met Nel, Yominda Herselman by die Sonskyn-dienssentrum om Vrouedag-geskenke uit te deel.Foto: Verskaf


Laat vroue spesiaal voel

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article