Dit is ’n jaarlikse instelling van die ATKV se Bethlehem- en Bethlehem Redenaars-tak om op Vrouedag, 9 Augustus, aan die vroulike inwoners en personeel van die Bergprag-tehuis, die Residensia-tehuis en die Sonskyn-diensentrum in die dorp ’n geskenkie te oorhandig. Miné Bakkes en Bianka Koen van die ATKV het die geskenke by die Sonskyn-dienssentrum aan Annemie Bosman, bestuurder, oorhandig, terwyl Sarel Hattingh en Annemarie Jacobs die vroue van die Residentia-tehuis gaan verras het en Louise Venter by Bergprag ’n draai gemaak het. Van links is Bakkes, Koen en Bosman. Foto: Verskaf


Laat vroue by tehuise spesiaal voel

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article