Dit is September, en die lente is tasbaar in die lug met bloeisels wat kordaat die nuwe seisoen aankondig. Buiten die Augustus-winde wat nog voort woed, wys die natuur met groen en pienk die seisoen het gedraai. Nuwe lewe is oral sigbaar. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein voorspel vir dié week minimum temperature in VrystaatKroon se verspreidingsgebied wat sal wissel van 8 °C tot 16 °C, met maksimum temperature van 26 °C tot 33 °C. Geen of min reënval word voorspel.Foto: Cecile Nijland


Laat hul lentegeur deur laat Augustus-winde aanblaas

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article