Kundigheid en toewyding dié nuwe departementshoof se kenmerke

Elicia Visagie, departementshoof vir fisiese wetenskap aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem.
Elicia Visagie, die nuwe departementshoof vir fisiese wetenskap aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem. Foto: Verskaf

Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem het sy nuwe departementshoof vir fisiese wetenskap aangekondig.

Elicia Visagie is onlangs amptelik in dié pos aangestel.

Visagie is ‘n trotse oudleerder van die skool. Sy het in 2007 aan Witteberg gematrikuleer.

Sy is reeds die afgelope agt jaar ‘n gewaardeerde lid van die personeelkorps, waar sy met groot toewyding wiskunde en fisiese wetenskap aanbied.

“Sy beskik oor ‘n BIng-graad in chemiese ingenieurswese en ‘n nagraadse diploma in onderwys. Hiermee bring sy ‘n sterk kombinasie van akademiese kundigheid en praktiese ervaring na haar nuwe rol in die skool se topbestuur,” sê Gustav Dreyer, bemarkingshoof van Witteberg.

Dreyer voeg by dat dit ‘n eer vir die skool is om iemand van Visagie se kaliber en toewyding in die topbestuurspan van die skool te verwelkom.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article