Kleinseun, oupa (80) van Kroonstad se saak tot Desember uitgestel

Die twee beskuldigdes, in die moordsaak van ‘n jongman wat op ‘n plaas in Augustus buite Kroonstad opgegrawe is, het op Donderdag 9 Oktober weer in die Kroonstad landdroshof verskyn. Foto:Madli Grobbelaar
Die twee beskuldigdes, in die moordsaak van ‘n jongman wat op ‘n plaas in Augustus buite Kroonstad opgegrawe is, het op Donderdag 9 Oktober weer in die Kroonstad landdroshof verskyn. Credit: Madli Grobbelaar

Die 80-jarige man en sy minderjarige kleinseun wat begin September in hegtenis geneem is nadat die liggaam van ‘n jongman op die 80-jarige se plaas buite Kroonstad opgegrawe is, het vroeg Donderdag 9 Oktober weer in die Kroonstad-landdroshof verskyn. 

Die beskuldigdes wat onderskeidelik vir moord, poging tot moord, sameswering om moord te pleeg, regsverydeling en die afvuur van ‘n vuurwapen in ‘n munisipale gebied aangekla word, het net ná 09:00 gister in die hof verskyn.

Die polisie het in Augustus ‘n wenk van die beweerde moord ontvang en opgevolg. Die liggaam van die jongman is toe op die plaas opgegrawe.

Landdros Zoleka Nomzaza het gister die saak aangehoor en die saak is tot Woensdag 10 Desember uitgestel vir verdere ondersoek.

Emmanuel Mongwe het as staatsaanklaer opgetree en die beskuldigdes is onderskeidelik deur Roelof van Wyk met bystand van Wynand Botha en Danie Swanepoel verteenwoordig.

Hulle name word weerhou om die identiteit van die minderjarige seun te beskerm. Die EFF wat met die vorige hofverskyning ‘n sterk teenwoordigheid by die hof gehad het, was nie gister by die hof nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article