Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. Die Here, my God, gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok; op hoë plekke laat Hy my veilig loop. – Hab. 3:17-19

Ons is deel van God se storie, en elke dag is ons deel van mekaar se stories.

Soms is die stories van ons lewe baie uitdagend, maar Habakuk leer ons: Al gaan dit hoe swaar, ons sal steeds ons troon in die Here vind.

Al voel dit soms of alles misluk, met geen hoop nie, sê Habakuk: “Nogtans sal ek jubel.”

Ons kan ons hoop op God plaas.

Ons vind ons nogtans in die Here, nogtans sal ons aanhou probeer, nogtans hou ons moed.

Só kan ons nogtans vreugde in die lewe vind.

Ons het die geleentheid om ons positief in te stel en ’n doelbewuste besluit te neem om nogtans te jubel en te juig.

Mag jy God beleef; lief wees vir jouself en ander.

Verander jou storie in ’n nogtans-storie: Nogtans sal ek jubel, nogtans sal ek liefhê, nogtans sal ek aanhou glo en vertrou dat God my vashou.


  • Wessels is leraar aan die NG kerk Virginia en is getroud met ds. Gerhard Wessels van die NG kerk Kroonstad-Suid.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article