Liam Craven het ’n bronsmedalje op Karate Suid-Afrika (KSA) se ope elite- gekombineerde toernooi verwerf.Foto’s: Verskaf


Twee Bethlehemiete wat Vrystaat-karatespanne verteenwoordig, het hul staal getoon op Karate Suid-Afrika (KSA) se ope elite- gekombineerde toernooi wat in KwaZulu-Natal plaasgevind het.

Nathan Helm en Liam Craven, leerlinge aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, het uitstekend gevaar in dié toernooi op 15 en 16 Julie in Durban.

Nathan, wat in die o.68 kg-gewigsafdeling meeding, het die junior Vrystaat-karatespan in kata en kumite vir seuns o.16 en o.17 verteenwoordig. Hy het in altwee die afdelings goud verower.

Liam het die Vrystaat-karatespan in die o.75 kg-gewigsafdeling verteenwoordig, in die kata en kumit vir seuns o.21. Hy het ’n bronsmedalje in kumite ontvang.

Slegs lede van provinsiale karatespanne kon aan die gesogte toernooi deelneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article