Inwoners van die Bergprag-sentrum vir bejaardes wat ter viering van Bejaardesorgmaand onder meer op ’n fliek trakteer is. Hier kyk hulle saam die Al Debbo-fliek wat vertoon is.Foto: Verskaf


Ter viering van Bejaardesorgmaand is inwoners van Engo se Bergprag-sentrum vir bejaardes in Bethlehem met ’n Al Debbo-fliek vermaak en op springmielies, sap en lekkers trakteer.

Later dié middag van 18 Oktober het Koos de Beer, saam met die Bethlehem-veteranemotorklub, spogmotors vir die inwoners kom wys, en die inwoners is die geleentheid gegun om ’n rit te onderneem.

Daarna het die inwoners saam met die klublede ’n ete geniet, waar stories oor die motors gedeel is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article