Die insameling van komberse vir behoeftiges in die Bethlehem-gemeenskap word weer deur die Bethlehem-tak van die ATKV bedryf. Die jaarlikse kombersprojek is jare gelede deur die tak begin, en jaarliks samel betrokkenes komberse vir behoeftiges in. Vier skole in Bethlehem, die ATKV, asook nie-lede, sal vanjaar aan die projek deelneem.
Die ATKV-vakansieoorde bied weer pryse om deelnemers te trek om deel te wees van die projek. ’n Wegbreek-geleentheid kan gewen word.
“Elke skenker moet seker maak dat sy of haar kontakbesonderhede op die pakkie is, aangesien elke kombers ’n nommer kry. Die nommers word getrek om te bepaal wie is die wenners van die ATKV-pryse wat geborg word,” sê Fires van Niekerk van die Bethlehem-tak.
Die komberse vir ’n enkelbed, of groter, wees.
Die Bethlehem-rolbalklub neem ook vanjaar deel en moedig mense aan om deel te wees van die projek wat tot einde Mei duur.
Die DBV is ook ’n begunstigde, en mense word aangemoedig om ou komberse wat nie geskik is vir menslike gebruik nie, vir die diere te skenk.
Kontak Fires van Niekerk by 083-630-8545, Ritjie Nel by 083-765-9323, Louise Venter by 073-183-4676 of Bianka Bakkes by 074-585-2876 vir meer inligting.
– Madli Grobbelaar




