Die Vrystaat het die afgelope paar weke warm tot uiters warm weer, met baie droë toestande, ondervind. Dit skep gunstige omstandighede vir wegholveldbrande, en kenners waarsku die publiek om uiters versigtig te wees. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens se kantoor in Bloemfontein sal die warm tot baie warm weer voortduur, met reën wat moontlik teen die einde van die week verligting kan bring. Die foto is by Andes tussen Clarens en Bethlehem geneem. Paula du Toit sê wanneer sy die voerbale sien lê, weet sy dat herfs om die draai is.Foto: Paula du Toit

Credit: SYSTEM

Hoop op reën om lafenis na streek te bring

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article