Die KIA Makietie en die eerste Ignite and Revive-fees, wat van Vrydag (21/10) tot Sondag in Kroonstad gehou is, was ’n reuse-sukses. “Ons is ongelooflik dankbaar vir ’n wonderlike fees en wil graag vir KIA, kykNET en Waldimar Pelser, uitvoerende hoof van KykNET wat ook die fees bygewoon het, hartlik bedank vir hul bydrae tot ’n fantastiese fees. Dan, vir elke sakeman, borg en vir almal wat op die een of ander manier ’n bydrae gemaak het: Dankie. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie,” sê André van Pletzen, hooforganiseerder. Genoeg vermaak vir oud en jonk is gebied, met uitstallers en kosstalletjies wat iets van hoogstaande gehalte in elkeen se smaak gebied het. Hier, saam met feesgangers, is sepiesterre en ander tv-bekendes wat in Kroonstad se feesgees gedeel het. Van links is Cedwyn Joel (vierde van links), Dean Smith (albei van Suidooster), Vanes-Mari du Toit (aanbieder van Kwêla op kykNET), Luandri Reynders, David Viviers (albei van Binnelanders), Werner Coetser en Reze-Tiana Wessels (Diepe Waters).Foto: Madli Grobbelaar


Geniet ’n makietie soos min in Kroonstad

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article