Die Bethlehem Christmas Carols-geleentheid ten bate van behoeftige kinders vind op Donderdag 12 Desember op die grasperk agter die Beef Baron-restaurant tussen die Dihlabeng-inkopiesentrum en die Frontier Inn and Casino plaas. Dit duur van 18:30 tot 20:00. Toegang is gratis.
Plaaslike sangers en musikante van Pretoria sal besoekers met Kersliedere vermaak. Bring kampstoele, komberse en ’n piekniekmandjie.




