’n Gewilde gunsteling, Bubble Up Tea, sal op die fees te koop wees. Foto:


Kosliefhebbers sal baie hê om na uit te sien tydens vanjaar se fees met ’n verskeidenheid kosstalletjies wat gereed is om al die smaakknoppies te prikkel.

Die kosstalletjies wat vanjaar die honger mae sal vol hou is Sernick Butchery & Deli, Chip ’n Dip, Pizza Wagon, Donut Babies, Bubble Up Tea, YanKee Doodle, Kalahari koffie, Snack Time, Tropica en Rainbow Slushies. Pannekoeke, sosaties, biltong en droëwors, asook ’n groot verskeidenheid drinkgoed, sal ook te koop wees.

Feesgangers sal dus deurentyd lekker kan smul aan die verskeidenheid eet en drinkgoed. Middag- en aandetes kan ook gekoop word.

Die teetuin en dekormark bied weer produkte van hoogstaande gehalte aan. By die dekormark sal die volgende hul unieke produkte uitstal: Chic Jewelry, DroomVrou, Zallies, Kosmos Strukkies, Mies natuurlike velprodukte, Oh Lief Baba-produkte, Leather Goods met spesiale aanbiedinge vir die fees, Suniques Designs, verskeie tuisgemaakte produkte, Darling Sweets, Tiger Lilly Tots, Aurora Jewelry, Scarlet G Beauty en Beautiful Tea Cups.

Feesgangers sal toegang hê tot ’n verskeidenheid landbou- en ander uitstallers wat produkte en dienste ten toon sal stel, soos NFS Caregivers, Hand Picked Leather, Mikas Creations, CPK Solar, Rellings, Kastelo, Crown Animal Supplies, Leas Kraft, Cheeky Lizzy en Fortunate Toys.

Met dié dat die biertuin geleë is naby die sportvelde, asook voor die arena se verhoog, is dit die ideale plek om al die aksie van wedstryde én kunstenaarsoptredes met yskoue verversings te geniet.

Saterdag om 17:00 kan feesgangers die Springbokke se rugbywedstryd teen die All Blacks op die groot skerms kyk saam met die feesgees in die biertuin.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article