Latest Past Events

FAK hou ‘n gholfdag

Die FAK-gholfdag word by die Bethlehem-gholfklub aangebied. Dit kos R2000 per vierbal en sluit ‘n halfweghuisete en konsertkaartjie in. Gatjies kan teen R1000 geborg word. Die formaat is shotgun en spelers slaan om 11:00 af. Vir meer inligting of besprekings skakel Debbie-Anne Burger op 083 340 7550 of Thys Schoeman op 083 647 6935.

Dansparty met skaapkop- en hoender-ete

Tafelronde 42 in Kroonstad bied ‘n dansparty by die landbouskoolterrein in Kroonstad aan. Dit kos R250 per persoon of R 2000 per tafel. ‘n Heerlike skaapkop en-hoenderete sal bedien word. Vir meer inligting bel Marc Dalton by 076 627 7652 of CP Olckers by 079 696 1899.

Gholfdag met optrede deur Herman Kleinhans

Kroonpark avenue

Onthou om jou kaartjies te kry vir 5 Julie by Kroonstad Country Club. Geniet ‘n dag van gholf, kyk die Springbokke teen Italië op groot skerm en kuier saam met Herman Kleinhans wat na die rugby optree.