Mel die Storieverteller

13 September 2025 @ 19:00

Mel kom kuier in Parys, Vrystaat — nie Parys, Frankryk nie — maar moenie dink julle is minder nie. Hier is ook romanse, net met biltong en boerewors in plaas van baguettes en Bordeaux. Bring almal saam en kom luister na Mel se lekker, skreeusnaakse stories.

In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.

Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.

Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo.

Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
Styl: Komiese Storievertelstyl
Ouderdomsbeperking: Geen onder 14’s

Kaartjies beskikbaar by Elsali Kleuterskool of kontak Chené by 063 797 0169

Laai jou kinders af by Elsali Kleuterskool vir ‘n lekker fliek aand wat aandete insluit en kom ondersteun asseblief ons fondsinsameling. Daar is lekker kos stalletjies en ‘n snoepie beskikbaar voor die show.

MDS Management, Mel die Storieverteller

063 797 0169

Parys Primere Skool

38 Schilbach Street
Parys, Free State 9301 South Africa
+ Google Map

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article