Die Bethlehemse DBV het dringend ondersteuning uit die gemeenskap nodig om sy veeartsrekening, wat in hierdie stadium bykans R30 000 is, te betaal.
“Ons rig hiermee ‘n pleidooi aan die gemeenskap en inwoners van omliggende dorpe om groot asseblief, waar moontlik, ‘n bydrae te lewer,” sê Marius Dreyer, voorsitter van die Bethlehemse DBV.
Dreyer verduidelik dat die veeartsrekening die hoogte ingeskiet het weens die groot aantal diere oor die wye streek heen waarna die DBV omsien.
Weldoeners wat wil bydra, kan meer inligting of die bankbesonderhede kry deur die Bethlehemse DBV by 058 303 3998 te kontak.
Dreyer spreek namens dié tak van die DBV sy dankbaarheid vir alle vorme van ondersteuning vir die organisasie, asook en die diere in nood, uit.
“Ons is opreg dankbaar vir elke individu, sakeonderneming of organisasie wat altyd bereid is om ‘n bydrae te lewer. Sonder julle sal die DBV nie volhoubaar na die diere kan omsien nie.”




