Twee leerlinge aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, Ntsopa Mokoena (links) en Marjulyn Myburgh, is onderskeidelik vir die nasionale o.18A- en o.18B-skolehokkiespan gekies. Dié spanne het in die Julie-skoolvakansie aan die nasionale skolehokkietoernooi deelgeneem. Ntsopa is as die beste voorspeler van die toernooi aangewys. In haar eerste wedstryd vir die A-span in die internasionale reeks teen Namibië, wat in Stellenbosch plaasgevind het, is sy ook as speler van die wedstryd aangewys. Suid-Afrika het Namibië met 3 – 1 geklop. Foto: Verskaf


Draf vir nasionale spanne uit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article